Young Hearts meet kragte teen Delicious

Die Delicious-rugbyspan van Clanwilliam het onlangs na Pella gereis om kragte te meet in hul derde vriendskaplike wedstryd.

Die uitslae was as volg:

Young Hearts C-span het met 0-7 teen Delicious se C-span verloor. ’n Drie is deur Diyano Valentyn gedruk en netjies deur Samuel Pasha verdoel.

Die B-span van Young Hearts het Delicious se B-span met 22-7 geklop. Drieë en doelskoppe het gekom van Cornell Kouter.

Delicious se A-span het ’n lelike stryd afgetrap met Young Hearts se A-span. Die telling was 41-22 in Young Hearts se guns. Drieë is gedruk deur Kervinne Fortuin, Christeon Carstens, Duran Steenkamp en die doelskoppe was deur Bertrum Ockhuys. Hy het ook ’n strafskop oorgesit.

Daar word dankie gesê aan die afrigters asook die organiseerders wat die dag moontlik gemaak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

seventeen − four =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?