Wintersport by Augsburg skop af

Met die aanbreek van die tweede kwartaal skop Augsburg Landbougimnasium, op Clanwilliam, ook af met hul wintersportseisoen. Gedurende die eerste kwartaal word daar meestal op atletiek gefokus en na dié eerste vakansie van die jaar begin almal uitsien na sportsoorte soos rugby en netbal.

Die sportafrigters weet presies tot wat elke leerder in staat is op die veld en almal wil hê die kinders moet hul volle potensiaal bereik. Daar word dus elke middag, behalwe Vrydae, geoefen aan netbal, rugby en tennis.

Maak solank gereed om langs die rugbyveld, tennisbaan of netbalbaan te staan en die leerders te ondersteun – hulle oefen hard en trotseer selfs die koue om die skool se naam hoog te hou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

six − 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?