Win­ter­re­ën sal nie 2018-vlak­ke haal nie

Op dié sta­di­um dui lang­ter­myn ­weer­voor­spel­lings daar­op dat die Wes-Kaap, en in be­son­der die Swart­land en selfs die O­ver­berg, nie van­jaar so­veel re­ën kan verwag as in dieselfde periode van 2018 nie. Daar word egter voorspel dat dit wel meer sal wees as wat daar in die be­son­derse droë 2017 was.

“Wat re­ën­val in die pro­vin­sie be­tref kan daar waar­skyn­lik ’n meting tussen die syfers van 2018 en 2017 verwag word. Van­jaar sal waar­skyn­lik nie ’n swak jaar vir die land­bou in die Wes-Kaap wees nie,” het mnr. Guil­lau­me (Giel) Hugo, O­ver­berg­se weer­voor­spel­ler, op die S­kog-voor­saai­dag op die Lang­ge­wens-proef­plaas, bui­te Moor­rees­burg, ge­sê.

Volgens hom word weer- en re­ën­pa­tro­ne deur mid­del van ver­skil­len­de me­to­des en mo­del­le voor­spel – waar­on­der sta­tis­tie­se en wis­kun­di­ge mo­del­le. As daar na die re­ën­val­sta­tis­tie­ke van die af­ge­lo­pe 140 jaar ge­kyk word, blyk dit dat die pro­vin­sie be­sig is om uit ’n nat­ter 11 jaar-si­klus na ’n dro­ër si­klus te be­weeg.

Die aan­dui­dings wat toon dat die pro­vin­sie nie van­jaar die­self­de hoe­veel­heid re­ën as ver­le­de jaar gaan kry nie is onder meer die koue fron­te, wat re­ën na A­fri­ka bring, wat op dié stadium baie ver­der suid as ver­le­de jaar is. Dít is weens die ho­ë­druk­stel­sels wat in die In­die­se en At­lan­tie­se O­se­aan aan­we­sig is. Dit kan be­te­ken dat dro­ër toe­stan­de van Mei tot Au­gus­tus kan voor­kom.

Dit blyk uit die mo­del­le dat die noor­de­li­ke de­le van die Swart­land dro­ër kan wees as die sui­de­li­ke de­le van die streek.

“Die moont­lik­heid be­staan dat daar aan die ein­de van 2019 min­der wa­ter in die Wes-Kaap­se dam­me kan wees as aan die ein­de van 2018.”

Die­self­de weer­stel­sels wat swaar re­ën­storms oor de­le van Mo­sam­biek, Zim­bab­we, Ma­la­wi en Tan­za­nië ver­oor­saak het, gaan waar­skyn­lik re­ën weg­hou van die wes­te­li­ke saai­ge­bie­de in die Vry­staat en dus die ri­si­ko van droog­te­ska­de aan laat aan­ge­plan­te mie­lies ver­hoog.

Volgens mnr. Jo­han van den Berg, kli­ma­to­loog by San­tam Land­bou, het laag­druk­stel­sels, soos si­kloon I­dia, wat ook tot ’n on­der­bre­king van e­lek­tri­si­teit aan Suid-A­fri­ka van­af die Ca­ho­ra Bas­sa-dam ge­lei het, ge­woon­lik ramp­toe­stan­de aan al­bei kan­te van die spek­trum tot ge­volg.

“Aan die een kant is daar ska­de van oor­stro­mings en aan die an­der kant is daar droog­teram­pe,” het hy verduidelik.

Teen druk­tyd het weer­mo­del­le aan­ge­dui die toe­stan­de kan be­gin A­pril ef­fens ver­be­ter. Vol­gens dr. Wer­ner Ros­souw, han­de­laar en di­rek­teur van Si­lo­s­trat, be­loop die re­ën wat ty­dens si­kloon I­dia oor Zim­bab­we ge­val het, meer as 420 mm. Dit is meer as wat Si­lo­s­trat se de­pots by Hoop­stad en Hert­zog­vil­le sáám gekry het van­af 1 Sep­tem­ber ver­le­de jaar tot 16 Maart van­jaar.

Die re­ën­val by Si­lo­s­trat se de­pots in die Vry­staat in dié tyd was so­wat die helf­te tot ’n der­de min­der as die ge­mid­del­de re­ën­val oor vyf jaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

twenty − thirteen =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?