Wenke om gesond te bly tydens die seisoensverandering

As jy dit wil vermy om hierdie tyd van die jaar te snuif, of erger, ’n verkoue op te doen, is hierdie wenke gepas om te volg. Die oorgang van herfs na winter kan jou liggaam op ’n drastiese manier beïnvloed, dus moet jy in ag neem wat jy kan doen dat jou liggaam korrek aanpas by nuwe temperature en steeds gesond funksioneer.

  • Gee jou immuniteitstelsel ’n hupstoot

Die beste tyd wat jy jou immuniteitstelsel kan opbou is voor die winterseisoen. Begin ’n maand voor die tyd om vrugte en groente in jou dieet in te sluit wat hoog is in vitamiene C. Dit sal ook baie help as jy daagliks ’n vitamienkompleks-aanvulling neem. Deur genoeg vitamiene in te neem sal jy ’n natuurlike weerstand opbou teen kieme. Kos wat jy kan eet wat in seisoen is: wortels, patats, uie en knoffel. Geurmiddels soos gemmer en peper veg ook teen verkoue-simptome.

  • Drink baie water

’n Warm drankie soos koffie of tee is wel meer aanloklik op ’n koue dag, maar ongelukkig nie so hidrerend soos water nie. Water voed jou organe en verseker dat jy skoon is van binne. Alle toksiese samestellings van voedsel wat ingeneem word, word deur water uit die liggaam gespoel. Drink minimum agt glase water per dag vir optimale gesondheid.

  • Wees getrou aan jou oefenroetine

Moenie dat die koue weer jou afskrik nie! Selfs in lae temperature is dit broodnodig vir jou om te beweeg. Beweging sal jou bloedsomloop verbeter en waarborg dat jy sterk en gesond sal bly. Wanneer dit reën kan jy by gimnasium aansluit of selfs eenvoudige oefeninge met ’n jogamat in die gemak van jou eie huis uitvoer.

  • Rus

Om agt ure per dag te slaap is noodsaaklik vir jou liggaam om te herlaai. ’n Liggaam met genoeg energie is daartoe in staat om makliker enige kieme of virusse af te weer. Deur genoeg te slaap sal jou senuweestelsel makliker stres kan hanteer en algehele gesondheid verseker.

  • Bly wam

Dit is van kardinale belang om seker te maak dat as jy binne jou huis of ’n gebou is en jy uitbeweeg na buite, om altyd ’n trui of baadjie aan te trek. Jou liggaam moet stelselmatig gewoond raak aan die koel lug. Deur warm te bly sal jy ’n kleiner risiko loop om siek te raak. Die senustelsel sal nie die skok van te warm of te koud ervaar nie en sodoende is dit gesond om seker te maak jy pas stadig maar seker aan by nuwe temperature.

Volg hierdie vyf wenke vir die handhawing van goeie gesondheid.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

seven + 9 =

©2018 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?