Wat jy met gebruikte teesakkies kan maak

Ons is lief daarvoor om teesakkies weg te gooi sodra ons klaar tee gemaak het, maar daar is eintlik verskeie maniere om gebruikte teesakkies te benut, sodat dit nooit weer nodig sal wees om hulle in die drom te gooi nie! Hier is ’n paar idees hoe om hulle te herwin :

  • Dit kan jou tee sterker maak. Deur twee of drie gebruikte teesakkies saam in ’n koppie te voeg, kan jy ’n lekker sterk koppie tee kry, jy kry ook dus ’n ekstra koppie tee daaruit.
  • Dit kan skoene vars maak. Deur twee teesakkies in elke skoen te plaas, sal dit skoene weer ’n vars reuk gee. Laat jou gebruikte teesakkies uitdroog. Plaas dan drie of vier teesakkies in elke skoen. Laat staan oornag in ’n droë area en geniet ’n vars paar skoene!
  • Gebruikte teesakkies kan wondere aan jou tuin verrig! Maak ’n pot flou tee, sprinkel dan die tee met die gebruikte sakkies oor jou plante. Dit kan help om peste en swamme weg te hou en voed ook terselfdertyd jou plante!
  • Strooi gebruikte groen tee, wat gedroog is, oor jou matte, laat staan dit vir so 20 minute en stofsuig dit weer op.  Dit sal help om gemufde matte weer skoon te kry.
  • Gebruikte teesakkies is ’n wonderlike geurmiddel vir geregte! Maal die tee in ’n koffiemeultjie en gebruik dit in vleisgeregte, soppe, groentes en selfs nageregte! Eksperimenteer gerus met verskillende resepte om uit te vind wat jou gunsteling manier is.
  • Tee kan vleis heerlik versag! Plaas eenvoudig jou gebruikte teesakkies, ’n koppie water en jou vleis in ’n lugdigte plastiek houer en laat staan oornag.
  • Groen tee is ’n perfekte produk om infeksie en irritasie op jou vel te kalmeer. Voeg gebruikte groen teesakkies in ’n pot water en laat dit kook. Wag tot die water afgekoel het en was dan jou gesig met die teewater.
  • Plaas gebruikte teesakkies in ’n bakkie of koppie en plaas dit agter in jou yskas om ontslae te raak van enige onaangename reuke.
  • Maak een of twee koppies swart of groen tee uit gebruikte teesakkies en drink dit op ’n daaglikse basis om jou asem vars te hou.

Met al hierdie nutte, sal daar nooit weer rede wees om jou teesakkies uit te gooi nie!

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

13 − nine =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?