Waarom jy ’n finansiële adviseur nodig het

Verbruikers is dikwels onseker of hulle ’n finansiële adviseur nodig het. Boonop weet hulle ook nie aldag presies watter dienste hierdie persone vir hulle kan bied en die verskil wat ingeligte finansiële besluite aan hul begrotings kan maak nie.

Finansiële adviseurs bemoei hulle met hul kliente se finansiële sukses. Hulle dienste is gewoonlik holisties in die sin dat hulle kliente se unieke behoeftes, inkomste en omstandighede in ag neem en persoonlike voorstelle maak.

Persone wat dus spaar vir ’n lang- of korttermyndoelwit sal baat vind by die advies van ’n objektiewe finansiële kenner wat sal kan voorstel of daar meer gedoen kan word om hul doelwitte in die gegewe tydperk te bereik.

Sekere finansiële take wat gepaard gaan met finansiële bestuur kan ook aan finansiële adviseurs oorgelaat word. Dit sluit natuurlik administratiewe take in, maar kan ook ’n reeks dienste soos beleggingsbestuur insluit. Kliënte wat op soek is na konkrete beleggings kan ook verwag dat hul finansiële adviseurs nuttige voorstelle sal kan maak rakende watter fondse, aandele of maatskappye om in te belê in die huidige ekonomiese klimaat. Sodoende kan risiko tot ’n mate beperk word.

Die span by MMR Finansiële Dienste het jare se ondervinding in die finansiële sektor. Hulle staan gereed om voornemende kliënte by te staan, ongeag wat hulle finansiële profiel is. Die firma bied ’n reeks dienste en advies. Hulle verbreek ook die stereotipe dat sulke dienste ’n arm en ’n been kos met hul bekostigbare pryse.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

8 + two =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?