Waarom gapingsdekking sinvol is

Daar is ongelukkig sekere spesialiste en prosedures wat mediese fondse eenvoudig nie sal dek
nie. Gewoonlik kan gebruikers hierdie kostes self betaal, vernaam in die geval van nie-
dringende prosedures.

Maar hoe gemaak as hulle ’n noodgeval op hande het en geen tyd het om begrotings op te stel
nie? ’n Sinvolle oplossing is om gebruik te maak van gapingsdekking (gap cover).
Gapingsdekking is ’n tipe versekeringsproduk wat kostes dek waarvoor jou bestaande mediese
fonds nie betaal nie.

Verbruikers moet egter in gedagte hou dat gapingsdekking nie ’n mediese fonds kan vervang
nie – dit is eerder aanvullend tot hulle bestaande fonds. Selfs die mees omvattende mediese
fondse dek deesdae nie elke moontlike onkoste wat met ’n besoek aan die hospitaal gepaard
gaan nie. Daarom is gapingsdekking iets wat alle verbruikers behoort te oorweeg.

“Gapingsdekking is iets wat verbruikers nodig het vir hul eie gemoedsrus. Dit spaar verbruikers
’n groot finansiële las sou hulle behandeling of operasies nodig hê wat hul mediese fonds nie
dek nie. Daar is ’n hele reeks planne om van te kies en verbruikers hoef nie noodwendig
buitensporige premies te betaal om voordeel uit gapingsdekking te trek nie,” meen Laetitia
Martins, MMR se hoof van mediese fondse.

Gapingsdekking is dus van kardinale belang vir ’n omvattende mediese versekeringsplan,
aangesien dit letterlik die gaping dek tussen wat mediese fondse wel sal betaal en daardie
prosedures wat fondse eenvoudig nie voor uitbetaal nie.

MMR Finansiële Dienste kan verbruikers bystaan in hul soeke na die beste gapingsdekking vir
hul unieke behoeftes. Die span het jare se ondervinding in die finansiële sektor en is bekend vir
hul uitstekende diens.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die
maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp
met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die
MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op
www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram
(@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie
makelaars.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eight + 3 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?