Volg die resep vir geurige dis van oorskiet-rys

Hierdie geurige dis het sy oorsprong te danke aan Engelse kolonialisme in Indië waar rys ’n stapelvoedsel is. Die liggegeurde rys prikkel die smaakkliere en die byvoeging van eiers en vis verskaf volop proteïene vir krag om ’n nuwe dag mee aan te pak. Tradisioneel word dié kitsery van die vorige dag se oorskietrys voorberei.

RYS
2 e (30ml) olie
1k basmati-rys
1 t (5ml) sout
2 lourierblare

KITSERY
2 ne(30ml)
1 ui, grofgekap
2 cm gemmer, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 e (30m) kerriepeoier
1 t (5ml) mosterdpoeier
2 tamaties, fyngesny
sap van twee suurlemoene
160g, gerookte skelvis, gevlok
2 eiers, gekook, afgedop en in kwarte gesny
hand vol vars koljanderblare
1 k (250ml) ongegeurde jogurt

METODE
Verhit ‘n kastrol met olie en braai die rys vir 2-3 minute oor magtige hitte. Voeg die sout, water en lourierblare by en kook gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
Verhit olie in ’n braaipan en braai die uie, gemmer, knoffel, kerrie en mosterdpoeier vir ongeveer 5 minute of totdat die uie sag is. Roer die tamaties en suurlemoensap by en braai vir ’n verdere 5 minute.
Voeg die rys en gevolte skelvis by die uiemengsel en roer deur.
Bedien met die eierkwarte, vars koljanderblare en jogurt.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

12 − 3 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?