Verwagtings vir vanjaar se Rooibos-oeste

Volgens Gerda de Wet, kommunikasiebestuurder van Rooibos Bpk, het die droogte van die afgelope drie jaar baie negatiewe invloede op die Rooibos-oeste gehad. Dit het daartoe gelei dat die vraag na rooibos die aanbod oorskryf het.

Gevolglik het die prys vir Rooibos oor hierdie tydperk gestyg. Die invloed op die binnelandse mark het veroorsaak dat die aanvraag na Rooibos in Suid-Afrika oor die afgelope 3 jaar met 30% weens pryssensitiweit gedaal het. Die vraag het egter oor dieselfde tydperk in Japan met 100% gegroei.

Die 2019-oesskatting teen einde November 2018 was ongeveer 17 000 ton. Goeie reën in Desember het egter hierdie prentjie verander en die oesskatting staan tans op 19 500 ton. Dit is gelykstaande aan van die grootste rooibos-oeste van die verlede. Hierdie volume kan grotendeels toegeskryf word aan die groter hoeveelheid aanplantings wat gedoen is. Die beraamde vraag vir 2019 is 16 000 ton en dit blyk dus dat daar ’n surplus van 20% gaan wees.

Hierdie is ’n positiewe verwikkeling, aangesien Rooibos Bpk die geleentheid bied om reserwes (wat as gevolg van die afgelope jare se droogte totaal uitgeput is) weer op te bou. Rooibos Bpk se beleid is om een jaar se verkope in reserwe te hou om deurlopende voorsiening en prys stabiliteit te verseker.

Afhangend van die temperatuur, begin Rooibosboere al van Januarie af oes en dit duur gewoonlik tot einde April .

Rooibos is ’n baie veelsydige produk en word gebruik in onder meer skoonheidsmiddels en ook die heerlikse gebak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

3 + eighteen =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?