Topatleet maak Graafwater Primêr trots

Marlon Kayster, ’n 10-jarige seun van Graafwater Primêr, wat al op ’n vroeë stadium van sy lewe hoogtes bereik het, gaan nog vele mense verbaas met sy atletiektalent.

Kayster het op Saterdag, 2 Maart gaan deelneem aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe in Dal Josafat in die Paarl.

Weer eens het die jong seun almal verbaas en gewys waartoe hy in staat is. Hy het nie net die silwermedalje in die seuns o.10 verspring nie verower nie, maar ook die provinsiale rekord verpletter met ’n afstand van 4.55 m.

Dit is egter nie al nie. Hy het as deel van die Boland seuns o.10 vier keer aan die 100 m-aflos deelgeneem en die goue medalje losgeslaan.

Marlon het as deel van die Wes-Kaapse span van 14 tot 16 Maart aan die SASA Nasionale Primêre atletiekkampioenskappe in Germiston, Gauteng, deelgeneem.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 + twelve =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?