Toergids opleiding op Clanwilliam

’n Groep van nege mense het elke oggend van 25 September tot 5 Oktober by Ndedema Lodge bymekaar gekom. Elke dag het iets uniek opgelewer en hulle het meer geleer wat toerisme in Suid-Afrika aanbied. Magda Benadé was die aanbieder. Hieronder deel sy haar ervaring met die groep:

“Ek het van 25 September tot 5 Oktober die voorreg gehad om ’n nuwe span aspirant toergidse in Clanwilliam op te lei vir Livingstone Tourism Academy.

Die entoesiasme, leergierigheid en spangees wat onder die groep geheers het, was van die begin af ’n deurslaggewende faktor, om van die ondersteuning en humor nie te praat nie!

Ek was aangenaam verras met die kundigheidsvlak van die jongmense, asook hul vermoë om met mense te werk. Die ondernemings kan weliswaar trots wees om hul in diens te hê en ek is seker elkeen van die span sal ’n positiewe bydrae kan lewer tot die bevordering van die ondernemings en veral toerisme in en om Clanwilliam.

Ons wil hulle ook sterkte toewens met die enorme volume nuwe inligting wat hulle in kennis moet omskep, asook die nuwe gunsteling tydverdryf, naamlik om navorsing te doen en statistiek verteerbaar aan te wend. Behalwe die energie wat gebruik word in die saamstel en afhandeling van die portfolio, moet hul ook ’n drie uur lange eksamen slaag op 16 November.

Ons sien uit daarna om elkeen welkom te heet as ’n volwaardig gekwalifiseerde gids. Wees verseker dat hulle goeie ambassadeurs vir Clanwilliam en Suid-Afrika sal wees.

Baie dankie ook aan almal wat ’n bydrae gelewer het om dit vir die jongmense moontlik te maak, Nelda wat die opleiding begin het, die voertuig om die praktiese toer te doen, verblyf en maaltye en laastens die heerlike Rooibosteeprodukte waarmee ek in die Overberg kon spog!”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

four × five =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?