Spesiale boodskap van inspirasie aan leerders

Hierdie is ’n boodskap wat ’n 13-jarige seun op sy lessenaar gelos het die dag voor sy ongeluk. Dit is in die kol vir elke leerder wat ’n nuwe kwartaal aanpak of by ’n nuwe skool moet aansluit.

Die storie van die Coca-Cola blikkie:

Hoeveel Coca-Cola het jy al gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie? Wel, hier is die storie waarom dit rooi is. Die rooi stel die bloed van Jesus voor. Die swart strepies is die sonde wat ek en jy doen. Die wit is reinheid, wanneer jy jou sonde bely dan word jy rein. Coca-Cola staan vir Come On Children Accept Christ Our Lord Amen, Coke staan vir Christus Ons Koning Ewig.

Agter op die blikkie sien jy daar staan 340 ml – dit kan verwys na Klaagliedere 3:40 waar daar geskryf is dat jy tot die Here moet bekeer. As jy dit doen dan gooi jy jou sondes weg soos die mannetjie agter op. Dán is jy ’n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon.

As jy nog twyfel of jou sondes vergewe is kyk na die SABS-handelsmerk wat jou waarborg is. Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom kook hy oor as jy hom oopmaak – so is dit ook as jy tot bekering kom, dit borrel binne jou.

Dít is die woorde van ’n jong kind wat Jesus in alles raakgesien het. Net so moet elke leerder wat die tweede kwartaal aandurf Jesus in alles raaksien wat hulle doen en hul beste lewer in elke taak – hetsy in die klas, op die sportveld of by die huis.

Maak die beste van dié kwartaal en onthou – al val jy langs die pad, staan net weer op en probeer weer. Dit is nié ’n skande om weer te probeer nie .

Psalm 32:8 Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou. Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei. Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

12 − nine =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?