Skoliere floreer met skaapskeerproewe

Augsburg Landbougimnasium van Clanwilliam het deelgeneem aan die Wes-Kaap Skoliere Skaapskeerproewe. Hierdie proewe het verlede week op plase buite Riviersonderend en Moorreesburg plaasgevind.

Die volgende leerders is opgeneem in die Wes-Kaapse skeerspan in die beginnerskategorie: Jannie Smit, Barend Lubbe en Diaan Klue. Barend Lubbe het ook gekwalifiseer met wolhantering.

Augsburg bedank die WKOD vir die befondsing van twee splinternuwe skeermasjiene wat ingevoer is uit Nieu-Seeland. Die skeerspan oefen elke Woensdagmiddag kliphard om hul skeertye te verbeter.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

13 + 18 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?