Sederberg Primêr se krieketspelers haal NWB-span

Sederberg Primêr, op Clanwilliam, bars van trots oor hul leerders wat in die NWB-span opgeneem is. Vier van Sederberg Primêr se krieketspelers is deel van die Noordwes Boland-krieketspanne en het reeds twee wedstryde vir dié span gespeel.

Die spelers wat in hierdie span opgeneem is, is: Nathan Strauss (o.13), Ma-Eel Titus (o.13), Nolan Ockhuis (o.13) en Taswin van Wyk (o.12) is Sederberg Primêr se trotse krieketspelers. Ducane April hul sportorganiseerder en Izak September hul afrigter.

Hulle eerste wedstryd was teen Witzenberg en die tweede teen Weskus-Suid.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eleven − 3 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?