SAPD Citrusdal hou Imbizo vir die gemeenskap

Die plaaslike SAPD het onlangs saam met die veediefstaleenheid van Malmesbury ’n imbizo in die Riverview informele nedersetting aangebied.

Die gemeenskap is weer bewus gemaak oor veediefstal, diere-identifikasie, dieremerk, vleisveiligheidswette en algemene veiligheidswenke.

’n Miniboerevereniging is gestig. Die huidige lede is ingelig oor die aansoekproses vir die registrasie van ’n identifikasiepunt. Hierdie proses sal verder deur die SAPD se sosiale misdaadvoorkoming en die departement van landbou gefasiliteer word.

Verder het Citrusdal SAPD, tesame met die WVF en hul maatskaplike ontwikkelingsvennoot ACT, ’n bewusmakingsveldtog oor dwelms- en drankmisbruik by die De Meul-dagsorgsentrum gehou. Sowat 150 kinders is deur die optrede bereik.

Kinders in mindergegoede woonbuurte is geweldig beïnvloedbaar en die misbruik van afhanklikheidsmiddels speel ’n groot rol.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fourteen + two =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?