Rooibosverskaffers/Standardbank borgdag by Clanwilliam-gholfklub

Die jaarlikse Rooibosverskaffers/Standardbank borgdag is gehou op Saterdag, 1 Desember by die Clanwilliam-gholfklub. Die formaat was American scramble en ’n mooi veld van 42 spelers het reeds om 08:00 afgeslaan. Met die gholfbaan wat in ’n puik toestand was en koel weer, is uitstekende gholf gespeel en mooi tellings het ingekom.

Francois Vermaak van Packaging-Direct het ook twee spanne van die Kaap gebring, asook ’n wisseltrofee geborg. Die dag se verrigtinge is afgesluit met ‘n heerlike braaivleisete. Bestuur wil dan ook net van die geleentheid gebruik om al die borge te bedank vir hulle insette en ondersteuning, om hierdie dag so suksesvol te maak.  

Die uitslae van die kompetisie is soos volg:
1.       A. Cloete, N. Mercuur, J. Mouton en F. Coetzee = 56.5 punte
2.       E. Strydom, P. Raad, W. Visagie en E. Hendricks = 57.1 punte
3.       H. Schreuder, W. Schreuder, S. Stander en B. Barnard = 57.25 punte

Verste set op no 6 =  E. Hendricks
Verste dryf op no 10 =  E. Hendricks
Naaste aan die pen no 9 =  E. Hendricks

Op die foto is van links Mark Botha, klubkaptein, Abrieon Cloete, Nigel Mercuur, Jan Mouton, Francois Vermaak (Packaging  Direct) Johann Basson – voorsitter, Francois Coetzee, wenners van wisseltrofee.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

sixteen − 9 =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?