Rooibos in velprodukte

Rooibos is nie net ’n heerlike tee nie, maar dit kan ook aangewend word in skoonheidsprodukte. Die plant bevat geen preserveer- of bymiddels nie en word deur baie beskou as ’n geskenk van die natuur.

Rooibos in velprodukte soos dag- en nagrome, bevogtiger en gesigseep hou ’n rits voordele in. Dit bevat antioksidante wat die vel help om plooie te vermy. Dit bevorder ook die produksie van gesonde, nuwe velselletjies.

Mense wat sukkel met aknee kan ook baat by die gebruik van Rooibosvelprodukte. Die plant bevat hoe vlakke van flavonoïde, ’n natuurlike produk wat die vel help om teen aknee te veg.

Rooibos bevat ook antibakteriese eienskappe. Deur Rooibos in velprodukte te inkorporeer, word die vel ook ondersteun deur sekere infeksies te keer of te genees. Dit kan ook toekomstige infeksies bekamp. Dit is ook al bewys dat Rooibosvelprodukte kan help om allergiese reaksies te herstel.

Rooibos Beperk verkoop natuurlike Rooibosvelprodukte. Hulle produseer ’n wye reeks produkte, onder meer die African Extracts-reeks, Marice-reeks en die bekende Red Cedar-reeks. Plaaslike verbruikers kan gerus vandag nog van hierdie produkte probeer. Rooibos bevorder nie net jou gesondheid nie, maar dit is ook ’n heerlike drankie om enige tyd van die dag te drink.

Rooibos Beperk se produkte kan aanlyn gekoop word op hul webtuiste, www.rooibosltd.co.za. Volg hulle ook op Facebook (@RooibosLtd), Twitter (@RooibosLimited) en Instagram (@RooibosLimited) om al die nuutste nuus van hierdie maatskappy te sien.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

three × one =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?