Rooibos BPK borg motiveringsbyeenkoms

Rooibos Bpk in Clanwilliam het op Donderdag, 15 Februarie ’n motiveringsbyeenkoms vir die Grondslagfase opvoeders (Graad R tot Graad 3) van Kring 4 in die Weskus Onderwysdistrik geborg. Die geleentheid is deur 110 opvoeders bygewoon. Lecinda Coetzee, ’n Graad 3 opvoeder van Robertson was die motiveringspreker.

Rooibos Bpk het gesorg vir verversings en elke opvoeder het ‘n geskenkpak met Rooibos produkte ontvang. Die rieldansers van Elizabethfontein het ook by die geleentheid opgetree.

Mev A. van der Merwe, Gronsdslagfase vakadviseur, glo dat dit belangrik is dat die opvoeders gemotiveerd en positief moet wees sodat hulle, hul passie vir die onderwys elke dag kan uitleef. Die opvoeders word daagliks gekonfronteer met baie uitdagings en daarom is dit belangrik dat hulle moreel gesond moet wees, om ondaks die uitdagings, kwaliteit onderrig te kan bied.

Die volgende skole was by die byeenkoms betrokke:

Augsburg Landbougimnasium
Breevlei Primêr
Christelike Privaatskool Leipoldtville
Citrusdal Ondersentrum Pomario
Citrusdal Primary
Elandsfontein NGK Primary
Elizabethfontein MOR Primêr
Engelbrecht NGK Primêr
Graafwater Hoërskool (Gekombineerd)
Graafwater Primêr
Grootkloof Primêr
Hexrivier NGK Primêr
Kromland NGK Primêr
Kweekkraal NGK Primêr
Lambertsbaai Laerskool
Langvlei SSKV Primêr
Leipoldtville NGK Primêr
Noordhoek NGK Primêr
Olifantsvlei Primêr
PW de Bruin Primêr
Paardekop NGK Primêr
Sandberg NGK Primêr
Sederberg Primêr
Wupperthal MOR Primêr

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

3 × 2 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?