Reën en haelstorm tref Leipoldtville-omgewing

In wat as uitsonderlike weeromstandighede beskryf word, het reën en hael Sondag oor dele van die Sandberg/Leipoldtville-omgewing voorgekom.

Sondagoggend het daar tussen 05:00 tot 06:00 meer as 40 mm reën op plase in die omgewing geval. Die reënval was soos volg op ’n paar plase: Swartfontein – 55 mm, die buurplaas Parys – 70 mm, en Aan Het Berg 55 mm. Dis maar net ’n paar van die plase waar die reënval so hoog was. Op Graafwater is 10 mm reënval gemeet.

Met die sterk onverwagste stormreën het ’n paar boere ook skade opgedoen. Paaie het oopstroom, jong aartappels het skade gely en plaaswerkers se huise is oorstroom.

Na die erge droogte word die reën beslis verwelkom. Daar is nie ’n beter reuk as dié van nat grond nadat dit gereën het nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

4 − 2 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?