PW de Bruin se leerders ontwikkel deur skaak

Tydens die eerste naweek van Maart het vier leerders aan die Laerskool PW de Bruin op Lambertsbaai deelgeneem aan ’n skaaktoernooi. Mnr. Koopman, hul afrigter, het vertel dat een van die redes hoekom die skool skaak ingebring het, is om die ontwikkeling van beide die regter-brein (kreatiewe denke), sowel as die linker-brein (logiese denke) te verseker.

“Dit bevorder jou konsentrasievermoë en help leerders om beter te doen in vakke soos wiskunde en wetenskap. Maar die heel belangrikste is dat dit jou leer om oor die gevolge van jou besluite en optrede te dink, voordat jy dit doen,” het hy vertel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

two + 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?