Pragtige plekke in die Cederberg-area

Daar is altyd nuwe plekke en nuwe dinge om in die Cederberg te ontdek en bewonder. Indien jy bietjie meer van die buitelug wil ervaar net vir ’n naweek wil wegbreek, hier is ’n paar pragtige plekke om te besoek indien jy jouself in Cederberg bevind:

  • Oudrif Straw Bale Retreat

Hierdie pragtige lodge op die oewer van die Doringrivier, is die ideale wegbreekplekkie vir jou en jou gesin. Swem in die helder rivierwater, gaan bewonder die historiese rotskuns, ontspan op die afgeleë strand en geniet ’n lekker braai saam met jou geliefdes. Besprekings kan gedoen word by 027 482 2397, of besoek hul webtuiste by www.oudrif.co.za. Hulle is ook op Facebook beskikbaar (@oudrif).

  • Cederberg Brewery

Indien jy en jou vriende graag ’n goeie gehalte bierproe wil geniet, besoek gerus die Cederberg Brewery. Geleë by Cederberg Privaat Kelder op die plaas Dwarsrivier in die hart van die pragtige Cederberg-bewaringsgebied, is hierdie brouery die perfekte naweekaktiwiteit vir enige bierliefhebber. Om meer uit te vind, besoek gerus hul Facebook-blad (@cederberg.brewery) of besoek hul webtuiste by www.cederbergbrewery.com. Hulle kan ook gekontak word by 027 482 2827.

  • Kromrivier Cederberg Park

Kromrivier is op die rand van die Cederberg Wildernis-area, met vrolike chalets en netjiese kampeerplekke – spesiaal vir enigeen wat bietjie rus vir die siel benodig. Enige natuurliefhebber sal hierdie park waardeer en geniet! Daar is lekker aktiwiteite vir die hele gesin, naamlik swem, bergfietsroetes om te stap of ry, perdry en meer! Om meer te lees, besoek gerus hul Facebook-blad (@kromrivier), besoek hul webtuiste, www.cederbergpark.com of skakel hulle by 027 482 2807.

  • Driehoek-toeristeplaas

Hierdie asemrowende plaas bied oulike selfsorggeriewe en kampeerplekke op die groen gras langs die rivier onder die skaduryke bome, met ablusieblokke, tot gerieflike ten volle toegeruste chalets, sodat daar iets vir almal se smaak is. Daar kan jy voëls kyk, by die waterval gaan wandel, op ’n avontuur gaan en net van al jou sorge vergeet! Gaan loer gerus op hul Facebook-blad (DriehoekCederberg), of besoek hul webtuiste by www.cederberg-accommodation.co.za. Hulle kan ook gekontak word op 027 482 2828.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

16 − thirteen =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?