Ons maak van nader kennis met Delicious NW-Rugbyklub

David Lawrence, van Boland Klubrugby Nuus, het onlangs met Clanwilliam se rugbyspan, Delicous NW, gesels. Hier vog die onderhoud:

Hoe het julle in 2018 gevaar?

Die span van Clanwilliam kan heel tevrede voel met sy vertoning verlede jaar in die Noordweste. Delicious het tweede geeïndig in die streek en deurgedring na die Top 12. Dit was ’n uitdaging maar een waaruit Delicious baie kon leer.

Wat kan ons verwag in 2019?

Delicious, gemeet aan sy voorseisoen-wedstryde, lyk of hulle baie goed voorbereid gaan wees en alles in die stryd gaan werp vir die Noordweste-troon. Ondersteuners kan verwag dat Delicious weer hierdie seisoen moeilik geklop gaan word in die streek.

Swak en sterk punte?

Delicious se weg-wedstryde verlede siesone was nie heeltemal wat dit moes wees nie. Die meerderheid spanne het gesukkel in dié streek, maar dis beslis iets waaraan Delicious egaan moet aandag gee. Op die aanval was Delicious een van die beste spanne in die Noordweste. Die span was kookwater wanneer hulle balbesit gehad het en het spanne van oral oor laat les opsê. Hul aanvallende spel gaan beslis weer in hul guns tel.

Waar gaan julle  eindig?

Wees verseker Delicious gaan vanjaar met ’n met ’n groot aanslag kom vir die algehele titel. Dit gaan bloedsweet kos, want in Noordweste gaan ’n groot geveg wees vir die eerste plek. Delicious is goed genoeg om ten minste weer die uitspele te haal.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

15 − 14 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?