Ondersteun die Wittetjies-rugbyspan eerskomende naweek

Eerskomende Saterdag, 9 Maart, ontvang die Wittetjies-rugbyspan van Clanwilliam, ’n toerspan van Kakamas om kragte te meet op die rugbyveld.

Kom kuier gerus die naweek op Clanwilliam om die spanne te ondersteun as hulle om 15:00 afskop. Die tweede spanne sal om 15:45 teen die Rooibulle die stryd aansê en om 17:00 sal die eerste span teen Kakamas speel.

Die Rooibulle is ’n gerekende span en Kakamas was verlede jaar die ligawenners in hulle streek.   

Pak die mandjies, onthou die hoede en sonskerm en bring die hele gesin vir heerlike dag gevul met goeie rugby.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

12 − 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?