Oggendkonsert by Sederhof

Sederhof Tehuis vir Bejaardes het Saterdagoggend, 9 Februarie 2019 ’n oggendkonsert vir hul inwoners aangebied. Belangstellendes en families van die inwoners het ook die oggend se verrigtinge bygewoon en bygedra tot die fondse vir die aankoop van hospitaalbeddens waaraan daar ’n dringende behoefte is.

Manuel Escórcio en sy nuwe sangmaat, Belia Lourens van Porterville, het ’n spesiale program van ouer liedjies, waarmee die bejaardes kon vereenselwig, aangebied. Alhoewel Escórcio reeds 69 is, is hy nog jonk van gees en toer nog die land vol. Hy het Belia se sangtalent ontdek en die twee se stemme vul mekaar pragtig aan. Hulle is tans besig met ’n toer deur die land. Belia vlieg orals om saam met hom op te tree. Hulle het reeds in 215 konserte saam opgetree. Die interaksie tussen dié twee en die bejaardes was ongelooflik en die konserte is terdeë geniet.

Escórcio het jare gelede saam met sy ouers van Madrid na Suid-Afrika geïmmigreer. As kind kon hy net Frans en Portugees praat en hou wou graag Afrikaans leer praat. Volgens hom was die enigste manier om ’n Afrikaanse nooi te kry en hy sê sy eerste Afrikaans wat hy “gepraat” het, was deur ’n soen.  Jurie Els het 32 jaar gelede sy heel eerste treffer, Donkerbruin Oë, geskryf.

Na afloop van die kuiertjie by die tehuis het almal om die braaivleisvure gekuier.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

17 − seven =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?