Nuwe skooldrag vir Hoërskool Graafwater

Byna soos die seisoensverandering wat plaasvind, blaai die Hoërskool Graafwater ook ’n nuwe blaadjie om met nuwe skooldrag vir die leerders.

In die somer dra meisies ’n wit hemp met ’n navy blou skoolrompie en die seuns dra ’n wit hemp met grys lang- of kortbroek.

Die dogters het ’n navy blou langbroek wat hulle in die winter mag dra – maar sommige meisies dra dit ook in die somer aangesien dit meer prakties is.

Die skooldrag in die winter is ’n langmou wit hemp, swart kouse en die navy blou rompie. Die meisies mag ook ’n navy langbroek dra. Die seuns moet ’n langmou wit hemp, met ’n lang grysbroek en die skool se das rond alles mooi af.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

5 × three =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?