Netbalkliniek besoek Clanwilliam

Weskus Netbalunie bied vanjaar ’n mini-netbalkliniek aan vir afrigters. Die kliniek is daarop gemik om afrigters te help om die basiese netbalvaardighede aan spelers oor te dra wat begin netbal speel en om ook die basiese reëls van netbal te verstaan.

Die kliniek word weer vanjaar aangebied deur die Southern Stings & Weskaap-afrigter, Annelie Lucas. Dit vind plaas op Woensdag 20 Februarie om 15:00 by Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam en kaartjies kos R130 per persoon.

Registrasie is tussen 14:30 en 15:00. Elke afrigter moet ’n notaboek en pen saam bring om aantekeninge te maak. Indien u belang stel, kontak vir Suzette Visser by suzette.visser@odllac.com of 086 263 6394 (faks) voor of op Maandag. Die sluitingsdatum is 18 Februarie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

thirteen − 3 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?