Namaqua West Coast-beampte ervaar nuwe Rooibos- en wyn-paring by Klawer Wynkelders

Op Vrydag, 27 Julie 2018, het die twee beamptes van Namaqua West Coast – Megan Gelandt en Eonie van Schalkwyk – besoek afgelê by twee lede van die reeds welbekende Rooibos Roete.

Hulle het die dag uit Vredendal gery om die Rooibos Tea House, wat onlangs groot veranderinge aangebring het, op Clanwilliam te besoek. Rooibos Tea House bied besoekers aan die dorp die geleentheid om die verskillende geure van Rooibos te ervaar deur middel van proe, ruik en voel.

Die twee beamptes het daarna die pad huiswaarts gekies en ’n draai gemaak by Klawer Wynkelder, wat onlangs aangesluit het by die Rooibos Roete. Klawer Wynkelders bied nou ook ‘n Rooibos- en wyn-paring aan.

’n Lid van die gemeenskap het ’n breingolf gehad en die wonderlike idee saam met Klawer Wynkelders gedeel; ‘n Rooibosprodukparing met ‘n verskeidenheid van die Klawer-en Villa Esposto-wyne. Rooibos komplimenteer die wyn ongelooflik. Besoekers kan die volgende kombinasies geniet: Klawer Chardonnay & Skuinskoek met Rooiboskonfyt, Villa Esposto Chenin Blanc & Rooibos-fudge, Villa Esposto Rosé & Rooibosstroop met plaaslike olyfolie, Klawer Pinotage & Rooibos biscotti, Klawer Cabernet Sauvignon & Rooibos-sojasous met cheddar, en die Afrika-Ruby Rooibos-gegeurde wyn.

Rooibos is ’n produk wat op soveel verskillende maniere gebruik kan word en met dié dat dit reg onder ons neus is, is die opwinding oor hierdie produk en alles wat nog daarmee gedoen kan word groot.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

5 × 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?