Namaqua Engineering vier twintigste bestaansjaar

Namaqua Engineering vier vajaar hul twintigste bestaansjaar. Dié maatskappy is deur Stokkies van Zyl begin toe hy ’n behoefte aan ingeneursdienste in die streek erken het. Die maatskappy het onder die hande van ’n klein span van vier persone gegroei tot die suksesvolle maatskappy wat dit vandag is. 

Die maatskappy het ’n werkerskorps van 140 permanente en ongeveer 10 tydelike werknemers tot op hede. Namaqua Engineering se naam word verbind aan noemenswaardige projekte, waaronder: Tronox Namakwa Sands Rom Tip Relocation (2018), SKA MeerKAT Antenna Positioner Back-up Structure Fabrication (2015 – 2017), Tronox Namakwa Sands Wet Gravity Extension (2015) en Tsipi Borwa Manganese Mine Infrastructure and Equiment Installation (2013).

Die maatskappy is trots op hul veiligheid en kwaliteit standaarde wat gebasseer is op die OHSAS 18001-standaard wat deur ’n dinamiese span toegepas word. Die ISO 9001 standaard word vir kwaliteitbeheer toegepas en daar word daagliks toegesien dat dit volhou word.

Kontak Namakwa Engineering by 027 213 1622 of stuur ’n e-pos aan stokkies@namaqua-eng.co.za. Besoek hul webtuiste by www.namaqua-eng.co.za of vind hulle op Facebook en Instagram (@NamaquaE).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

7 − 2 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?