Matzikama Begrafnisdienste reik uit na gemeenskap

Vir meer as twaalf jaar verskaf Matzikama Begrafnisdienste (MBD), wat op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier bestaan, hul dienste aan ’n breë gemeenskap en bied die nodige bystand wat enige families nodig het. MBD het ’n platform van meer as 50 agente geskep, beskik reeds oor meer as 20 voltydse personeellede en meer as 11 000 gelukkige polishouers kan van hul ondersteuning getuig.

Matzikama Begrafnisdienste en lede die gemeenskap, saam met GPF-lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens van verskillende afdelings in die streek – onder meer Nuwerus, Lutzville, Doringbaai en Vanrhynsdorp – het vroeër vandeesmaand bymekaar gekom om ’n pre-Mandeladag-geleentheid op die Vredendal-Noord Sportgronde te vier. Matzikama Finansiële Dienste het betrokke geraak deur ’n bydrae te maak van onder meer warm komberse asook bestanddele vir etes.

Hierdie skenking vorm ook deel van MBD se Ons Gee Om-projek. Die gemeenskap van die omliggende streek lê baie na aan MBD se hart en dus sal MBD altyd uitreik na die gemeenskap deur te ondersteun en te help voortbou. Matzikama Begrafnisdienste reik uit na die gemeenskap omdat hulle daar wil wees vir minderbevoorregdes.

Matzikama Begrafnisdienste se Ons Gee Om-projek bestaan al reeds meer as 10 jaar en hulle raak ook gereeld betrokke by aangeleenthede wat die gemeenskap raak. MBD het ook sedert laas jaar ’n wonderlike kompetisie waar lede wat opgeteken om verseker te word en maandeliks hul premie betyds betaal, die kans staan om ’n R1000 ryker te word. Nege getroue polishouers wen elke maand hierdie welkome bedrag geld, wat weer eens MBD se toegewydheid aan sy kliënte en die gemeenskap bewys asook as dank vir getroue betaling op uitgeneemde polisse.

Besoek MBD gerus by een van hul drie takke wat geleë is op Vredendal, Calvinia en Touwsrivier of kontak hulle vir meer inligting. Kontak die hoofkantoor by: + 27 (0) 27 213 2632, stuur ’n e-pos aan info@mbdsa.com of besoek hul webtuiste by http://www.mbdsa.com/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

20 − 13 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?