Maniere om jou oefenroetine te handhaaf in die winter

Met die winter wat al hoe vinnig nader beweeg, is dit moeiliker as ooit om fiks en gesond te bly.
Die koue, nat en dikwels winderige weerstoestande veroorsaak gewoonlik dat jy al hoe meer tyd
op die rusbank bestee en ’n bietjie van ’n sofapokkel word. Hierdie luilekker tye lei normaalweg
tot gewigstoename en jou fiksheidsvlakke wat afneem. Die handhawing van ’n oefenroetine in
die winter is nie net belangrik vir jou gesondheid nie, maar ook om die wintertamheid te verban.
“As die temperatuur daal, is die versoeking om meer te eet en minder te oefen altyd daar, maar
hier is ’n paar nuttige wenke om fiks te bly wanneer jy die koue takel,” verduidelik Fransoa
Ebersohn, handels- en kommunikasie-spesialis by Zone Fitness Clubs.

Hier is ’n paar fiksheidswenke wat jy in die winterseisoen in gedagte moet hou:

Oefen met ’n vriend

Om saam met ’n vriend te oefen, gee jou ’n aansporing om iets aktief te doen.

“Om jouself te motiveer deur hierdie koue maande kan moeilik wees, so dink daaraan om saam
met ’n vriend te oefen. Dit sal help om jou perspektief te verander om iets te doen wat ’n bietjie
lekkerder en meer gesellig sal wees,” sê Ebersohn.

Dit is ook moeiliker om jou oefensessie te kanselleer as jy saam met iemand gaan.

Hoekom dit belangrik is

Wanneer jy uit jou warm, knus bed klim en in die koue uitgaan, kan dit moeilik wees om te
onthou hoe goed jy na ’n bietjie oefening sal voel. Oefening op daardie donker koue dae sal
help om jou liggaam se goeie endorfiene ’n goeie hupstoot te gee om daardie wintertamheid
weg te blaas. Dit is genoeg motivering.

Wees lief vir jouself en jou liggaam

“Dit is baie moeiliker om gemotiveerd te bly wanneer jy nie genoeg tyd neem om te ontspan en
te herstel nie. As jy terugkom van ’n fiksheidsessie, moet jy jouself met ’n lekker koppie warm
sjokolade bederf asook ’n warm bad met badsout om moeë en seer spiere te kalmeer. Dit is ook
baie belangrik om seker te maak jy kry genoeg slaap,” het Ebersohn ook bygevoeg.

Die voordele van vroegoggend-sessies

Besoek die gimnasium vroeg in die oggend in die winter. Hoe kouer dit is, hoe stiller is dit by die
gimnasium eerste ding in die oggend. ’n Vroeë oefensessie het baie gesondheidsvoordele. Dit
kan jou metabolisme verbeter, dit verbeter fisieke en geestelike energie en help jou ook om
sterk selfdissipline te ontwikkel. As jy vroeg in die oggend ’n gimnasium besoek, kan jy ook jou
fiksheidsdoelwitte vinniger bereik.

“Elke fiksheidliefhebber moet probeer om in die roetine van vroegoggend-oefensessies te kom
want dit het baie voordele vir jou gesondheid,” sê Ebersohn.

Maak jou oefensessie meer pret

As dit by jou oefensessie kom, moet jy buite die boks dink – dit moet iets wees waarna jy uitsien.
Gryp ’n paar vriende en gaan na ’n Coreburn-, Zumba-, Tone the Zone- of joga-klas.
Alternatiewelik, gebruik jou naweek om ’n lang en energieke staptog aan te pak.

Respekteer jou roetine

Behandel jou oefenroetine met dieselfde respek as ’n dokter se afspraak. As jy jou oefentye
respekteer en niks laat inmeng nie, sal dit makliker wees om voort te gaan en jou
fiksheidsdoelwitte te bereik. As jy dink jy het nie die dissipline nie, sluit aan by ’n oefengroep!
Oefengroepe is goed aangesien julle mekaar kan motiveer en nie mekaar in die steek sal laat
deur nie op te daag nie.

Drink baie vloeistowwe in die winter

Hidrasie is net so belangrik in die winter as in die somer. Jy moet altyd onthou om water voor,
tydens en na jou oefensessie te drink, al is jy nie dors nie.

Maak slim koskeuses gedurende die winter

Probeer om gesond te eet in die winter. Diëte met beperkte kalorieë, kan streshormone verhoog
wat eintlik gewigstoename kan veroorsaak. Gaan vir veselryke volgraan en bone, asook goeie
vette. Om slim koskeuses te maak is ’n belangrike deel van die handhawing van goeie
gesondheid en dit kan jou help om elke dag jou beste te gee.

Wees aktief die meeste dae van die week

Om deurlopend aktief te wees, kan langtermynvoordele hê en gereelde oefening kan jou
lewensgehalte verbeter. Die voordele van gereelde oefening kan die risiko van ’n hartaanval
verminder. Jy kan ook jou gewig beter bestuur en die risiko van tipe 2-diabetes verminder.

Navorsing toon dat gereelde fisieke aktiwiteite jou sielkundige welstand kan bevorder en
gevoelens van ligte tot matige depressie en angs verminder. Op ’n dag wat jy ’n bietjie moeg,
benoud of bekommerd voel, oorweeg dit om ’n vinnige stappie te neem – dit sal jou help.

Die tyd om beter, sterker en gesonder te word, is nou. Maak fiksheid ’n gewoonte en besoek jou
naaste Zone Fitness-klub.

Vir meer inligting oor Zone Fitness, gaan na http://zonefitness.co.za/, of kontak hulle by
@ZoneFitnessSA (Facebook), @zonefitness_SA (Twitter) en zonefitness_sa (Instagram).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

8 + twenty =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?