Lemoene van Citrusdal sien uit na rugbyseisoen

Davie Lawrence, van die Boland Klubrugby Nuus, het onlangs met lede van Citrusdal se rugbyspan, Lemoene, gesels.

Hoe het julle in 2018 gevaar?

Citrusdal het verlede seisoen net genoeg punte gehad om in die liga te bly speel. Die span het nie eintlik die wêreld aan die brand gespeel nie en is tot veel beter in staat as wat ons verlede seisoen gespeel het.

Wat kan ons in 2019 verwag?

Hierdie seisoen gaan ’n moeiliker een wees as verlede jaar in die Noordweste-streek. Citrusdal sal dus hul spelpeil aansienlik moet verhoog of kan met hul broek om die enkels gevang word. Die eerste paar westryde sal die toon stel vir die res van die seisoen.

Sterk en swakpunte?

Op ons tuisveld, Oranjeville-sportgronde, was ons ’n moeilike span om af te breek en het selfs vir n paar verassings gesorg op die tuiste. Die span gaan weer sy tuisveld tot sy voordeel moet gebruik in die komende seisoen.

Die span se wegwestryde was egter baie swak en oorwinnings op die pad was baie skaars. Om hierdie seisoen te oorleef gaan Citrusdal moet baie aandag gee om punte op die pad op te tel.

Waar gaan julle vanjaar eindig?

Op hierdie stadium dink ons nie Citrusdal het wat dit vat om die topspanne in Noordweste uit te daag vir ’n uitspeelplek nie. Die span sal dus hierdie seisoen net wil seker maak hulle kry ’n gemaklike plekkie in die middel van die punteleer.

Alle sterkte met Citrusdal se rugbyseisoen vir 2019 en ons hoop hulle gebruik hul tuisveld tot hul voordeel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

seventeen − 11 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?