Leerders van Clanwilliam besoek #image-kamp

‘n Paar leerders van die Augsburg Landbougimnasium het die #image-kamp op 29 tot 31 Maart in Bredasdorp se park bygewoon.

Die Augies het die Vrydagoggend vanaf Clanwilliam na Bredasdorp vertrek. Die leerders moes hul eie tente opslaan en vas kap sodat die wind dit nie omwaai nie. Baie het in ‘n 3-man tent geslaap omdat dit net meisies was wat kon deel.

Verskeie skole het die kamp bygewoon. Daar was geleer oor hoe om op te staan vir jouself, hoe om ’n positiewe oor die wêreld te handhaaf, hoe geloof getoets word én daar speletjies gespeel waartydens jy moes leer om vertroue in ander mense te kry.

Die #image-kamp se hoofdoel vanjaar was DreamBelieveDo, waar hul die leerders geleer het om aanhou te droom, daarin te glo en dit te doen. ‘n Suksesvolle vrou/man is iemand wat ’n vaste fondasie kan bou met die bakstene wat ’n ander na hom/haar gegooi het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eleven − 9 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?