Langebaan wys Marines wie is baas

Langebaan se rugbyspan het onlangs teen Lambertsbaai in ’n vriendskaplike wedstryd kragte gemeet.

Drie spanne het teen mekaar gespeel op Lambertsbaai se sportgronde. Die derde span van Marines wen met 12-5 teen Langebaan terwyl die tweede span gelykop speel met 19-19. Die eerste span verloor teen Langebaan met 24-21.

Dankie aan elke organiseerder wat die dag moontlik gemaak het asook die spelers wat gereeld kom oefen het. Op 6 April begin die eerste liga-wedstryde.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

3 × three =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?