Lambertsbaai en Clanwilliam hou basaar

Die geure van pannekoek en lekker braaivleis, dit kan net een ding beteken… dis basaartyd!!!

Clanwilliam AP Kerk hou eerskomende Saterdag, 21 April, hul Herfsbasaar by die AP Kerk terrein in Voortrekkerweg, Clanwilliam. Daar sal kindervermaak wees vir die jongspan met onder meer springkastele en vir die ouer span sal daar ’n veiling wees. Natuurlik sal almal al die lekkernye wat by die basaar beskikbaar sal wees, kan geniet. Dit sluit in ’n vleistafel asook wegneem-etes vir diegene wat verkies om hul basaarkos huistoe te vat. Die basaar begin om 10:00 die oggend.

Lambertsbaai NG Kerk se kerkbasaar vind plaas die naweek daarop op Saterdag, 28 April om 10:00 by die NG Kerksaal op Lambertsbaai. Al die gewone lekkernye sal beskikbaar wees…Koeke, terte, wegneem-etes, rou vleis en natuurlik pannekoek en basaarpoeding!!!

Maak solank daai knoop iewers om seker te maak jy loop nie hierdie basaars mis nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

seventeen + 2 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?