Kweekkraal se leerders leer oor interessante kosblikke

Saam met die nuwe kwartaal wat aangebreek het, maak ons ook reg vir ’n nuwe seisoen met herfs wat op ons voorstoep is.

By Kweekkraal is die leerders baie aktief en juis daarom moet hul kosblikke al die voedsaamheid insluit om hul deur die dag, en gepantser vir die koue, te kry. ’n Paar idees aan die leerders is om ’n klein houertjie drinkjogurt (of klein bakkies jogurt) deel van die kosblik te maak.

Klein houertjies ongegeurde springmielies, kaaswiggies met volkoringbeskuitjies, repies wortel, komkommer en klein mielietjies, klein vruggies soos appels, piesangs en nartjies (reeds geskil), koue pastaslaai met tuna en groente, deurgemeng, en hardgekookte eiers (reeds afgedop) is ook prakties én heilsaam.

Deur seker te maak jou kind bereik haar of sy volle potensiaal, kan die belangrikheid van die regte dieët nie genoeg benadruk word nie. Onthou ook, ’n botteltjie water is baie gesonder as koeldrank.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

one + 2 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?