Kontreikos kraai koning by Bushman’s Cave

Op Saterdag, 18 Mei 2019, bied Bushman’s Cave Bergteater ’n skaapkop-ete met heerlike kontreikos aan. Jy, jou vriende, familie en almal wat jy ken kan reeds om 16:00 naderskuif om die Namakwalanse top-sanger, Armand Steenkamp, in aksie te sien.

Kerrie-afval, waterblommetjies, snoek en vele meer tradisionele kontreikos sal bydra om die aand een vir die boeke te maak. Behlawe vir dié geregte sal skaapkop as hoofmaal voorgesit word. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Smul aan skaapkop, geniet jou drankie en word bekoor met Armand Steenkamp se treffers.

Bespreking is noodsaaklik om teleurstelling te voorkom. Kaartjies vir volwassenes kos R200, R150 vir hoërskool leerders en R100 vir laerskool leerders. Voorskoolse kinders het gratis toegang. Bestel ook jou skaapkop teen R75 elk.

As jou mond water en jou voete jeuk vir lekker dans, stuur nou jou e-pos aan melinda@bushmanscave.co.za om jou bespreking te maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eight + 10 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?