Konferensie oor kragsituasie in Wes-Kaap

Op Vrydag, 12 April is ’n konferensie oor die huidige kragsituasie in die
Wes-Kaap deur die AHI Wes-Kaap by die pragtige ATKV Goudini Spa aangebied.

Die gassprekers van die dag was dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI, prof. Jannie Rossouw, hoof van die skool van ekonomiese en sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, en Anton Bredell, lid van die uitvoerende raad vir die plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling van die Wes-Kaap.

Onderwerpe soos die huidige elektrisiteitskrisis, politieke en ekonomiese klimaat in Suid-Afrika, inflasiekoers, vervoerkwessies en vele meer is tydens die konferensie aangespreek.

Premier Zille het gepraat oor die huidige elektrisiteitskrisis en het ook uitgebrei oor die diversifisering van energie deur alternatiewe lae-koolstofvoorsiening en doeltreffende energiemaatreëls.

“Ons het nie genoeg diesel om te verseker dat Eskom-kragopwekkers gaan vergoed vir hul ontplantingsonderbrekings nie. Eskom bestee R3,6 miljoen per uur op diesel om die ligte aan te hou,” het Zille gesê.

Prof. Rossouw het meer uitgebrei oor die huidige politieke en ekonomiese situasie in Suid-Afrika. Vervoerkwessie in die Kaapse middestad en hoe lank dit vat om by jou bestemming uit te kom is ook onderwerpe wat onder die loep gekom het.

Die Energie Sekuriteit Game Changer het ’n dokument opgestel met nuttige wenke oor hoe om jou huis en klein onderneming in die geval van beurtkrag te beskerm. Klik op die skakel om meer te lees: www.switchandsave.co.za.

AHI Wes-Kaap is die onafhanklike organisasie van en vir selfstandige entrepreneurs wat op eie risiko ’n onderneming bedryf en hul eie hulpbronne gebruik. AHI het ten doel om werklike entrepreneurs te verenig, raad te gee en in te lig, asook om hul sosio-ekonomiese en gemeenskapsbelange te bevorder deur middel van ‘n netwerk van sakekamers in die Wes-Kaap.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

14 + 14 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?