Kom sluit aan by Clanwilliam se veerpyltjieklub

Drie vriende van Clanwilliam het een aand gesit en besluit om ’n veerpyltjieklub te stig. Na vele navrae en ondersoek het Devlin Richards, Wayne Boois en Ferand Pieters die Clanwilliam-veerpyltjieklub gestig. Net daar en dan hulle aan die werk gespring om by ’n vereniging aan te sluit.

Op Donderdag, 24 Januarie, is hulle by die Bergrivier-vereniging geregistreer en hulle speel tans in die Bergrivierliga-wedstryde wat elke Dinsdagaand in die Kathy Johnson-gemeenskapsaal, plaasvind. Die klub bestaan tans uit 14 lede.

Hulle visie vir 2019 is om die sport te bevorder en in die distrik uit te brei, die sport meer bekend te maak onder die jeug van vandag asook onder vroue, en om meer lede te werf. Hulle is tans besig om spanne op die been te bring op Graafwater en Lambertsbaai. Die bestuur bestaan uit Wayne Boois, voorsitter, Devlin Richards, ondervoorsitter, Albery Crosney, sekretaresse en Benwill Meyer as kassier.

Op Saterdag, 9 Maart, is daar proewe gespeel op Porterville om ’n Bergrivier-span te kies. Vyf spelers het hieraan deelgeneem en Wayne Boois het die A-span behaal.

’n Spesiale dank aan Lumber City vir die borg van die borde asook aan die organiseerders wat elke wedstryd moontlik maak vir die spelers. Sterkte aan Wayne Boois wat die Clanwilliam-veerpyltjieklub gaan verteenwoordig.

Vir enige navrae of belangstelling, kontak vir Wayne Boois by 073 502 0023, Devlin Richards by 072 666 1381 of vir Ferand Pieters by 063 437 9379.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fifteen − 9 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?