Kom skoffel by die Clanwilliam Skoudans

Stof daai dansskoene af en kom geniet die aand saam met ons by die Clanwilliam Skoudans.

Die jaarlikse skoudans vind op Vrydag, 29 Maart plaas en word in die skoolsaal van die Augsburg Landbougimnasium gehou. Die verrigtinge begin om 19:00. Kaartjies vir volwassenes is R150 en vir kinders jonger as 8 jaar kos dit R50.

Die kaartjie sluit ook ’n braaivleisete in. Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees om die dors te les!

Kaartjies is beskikbaar by Kaap Agri, Sederkem Apteek, Veldskoendraai en bestuurslede van die Clanwilliam Sakekamer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eighteen − 8 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?