Karateklub dankbaar vir Rooibos se bydrae

Die Peter Stal Ashihara Karateklub bied vanjaar die Karate Kampioenskappe op 31 Augustus op Clanwilliam aan. Rooibos is die hoofborg vir dié kompetisie. Die karateklub is dankbaar vir hul bydrae. Rooibos het ook die studente se karatepakke geborg. Hulle wil in besonder vir me. Gerda de Wet bedank vir hul deurgaanse ondersteuning tydens kompetisies en die vervoer wat gereël word wanneer hulle in Kaapstad aan kompetisies deelneem. Hul getroue ondersteuning neem studente na nuwe hoogtes. Lorenzo Epnar van Klawer is ’n student by die klub en neem eersdaags deel aan die Ashihara Karate Internasionale Kampioenskappe in Pune, Indië. Indien enige persone belangstel in karate en selfverdedigingsklasse kan hulle Peter Stal kontak by 082 422 0144 / 027 482 1902 of stuur ’n e-pos aan peter.stal@ashiharakarate.org.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

nineteen + seven =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?