Kanadese argitek-studente besoek die Ou Tronk Museum

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het Kanadese studente die Ou Tronk Museum besoek. Hulle het dié museum gekies as een van die indrukwekkende geboue wat hulle wou aanskou.

Die studente het vroegoggend reeds by die museum aangemeld en kon meer oor die geskiedenis van die dorp by tannie Stephanie Murray leer. Die studente kon Rooibos-ystee geniet terwyl hulle die oggend in die musuem deurgebring het. Ná hul besoek aan die museum was hulle die hoofstraat in om die ander historiese geboue te besigtig.

Ons vertrou hulle het baie geleer van ons dorp se erfenis.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

10 − ten =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?