Japtrap pannekoekresep vir die winter

Dis weer hierdie tyd van die jaar waar ons begin besef dat die winter skielik nadersluip. Bederf jou familie met heerlike pannekoeke. Moenie bekommerd wees as jy nie eers ’n eier kan bak nie, want met hierdie resep sal jy in ’n oogwink sien hoe maklik dit is om liplekker pannekoeke te maak.

Bestanddele

1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water)
1 eetlepel olie

Metode

Sif droë bestandele saam.

Klits die eiers en voeg melk/water om die beurt by.

Bak op plaat in ’n kleefvrye pan.

Die pannekoek is gaar sodra borrels op die oppervlak verskyn.

Bedien met suiker, kaneel en botter. Die pannekoeke kan ook met maalvleis en groente bedien word. Ook lekker is die volgende appelvulsel: 1 blik tertappels. Kook saam met suiker tot fyn, of gooi sap af en gebruik die appelstukkies.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 + 12 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?