Hulp met werknemersvoordele

Besighede wil graag sekere werknemersvoordele aan hul werknemers toestaan. Verskeie finansiële kenners het al gemeen dat werknemersvoordele die sleutel tot finansiële inklusiwiteit is en daarom noodsaaklik in ’n ontwikkelende ekonomie soos Suid-Afrika is.

“Goeie werknemersvoordele het ’n sneeubal-effek in die sin dat dit lei tot die welstand en beter lewensgehalte van werknemers. Vir persone wat werk as arbeiders of plaaswerkers kan hierdie voordele veral lewensveranderend wees,” meen Marlize Roux, finansiële beplanner en hoof van MMR Finansiële Dienste.

Dit is egter ’n uitdaging vir werkgewers om seker te wees dat hulle die regte voordele vir hul werknemers toestaan. Elke arbeidsmag is anders met unieke behoeftes.

MMR bied ’n diens waar hulle besighede bystaan met die beplanning van werknemersvoordele. Die maatskappy kyk spesifiek na die besigheid se unieke behoeftes, die sektor waarin hulle werk en die maatskappy se vermoë om werkersvoordele toe te staan. Hierdie beplanningsdiens sluit in hulp met die opstel van pensioenfondse, voorsorg- en ongeskiktheidsfondse, spaarplanne en begrafnisdekking.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

5 × four =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?