HS Graafwater leerders ontvang Conquesta-sertifikate

Cloè Klaase (gr. 4) Garron Cupidp (gr. 4) Mischaé Links (gr. 4) Chante Strauss (gr. 5) en Zoë Strauss (gr. 7) het op Woensdag, 24 Oktober, hulle Conquesta-sertifikate ontvang.

Conquesta is in 1998 deur Lillian Hoogervorst begin as ’n eksterne aktiwiteit vir laerskoolkinders, van alle vlakke van die lewe, in al die provinsies van Suid-Afrika, sowel as naburige Afrika-lande – sodat alle kinders, ongeag hul akademiese vermoëns, die geleentheid kry om deel te neem aan ‘n eksterne Olimpiade en beloon te word vir hulle prestasie.

Die sertifikate sou by die prysuitdeling uitgedeel word maar hulle het bietjie te laat gearriveer. Die skool is baie trots op die kinders wat deelgeneem het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

eighteen + 1 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?