Hoërskool Graafwater sien uit na FBI-aand

Op Dinsdag, 2 April is dit terug skool toe vir die leerders – maar dit is ’n hoogtepunt vir leerders aan die Hoërskool Graafwater wat uitsien na hul jaarlikse FBI-aand. Op dié aand spog almal met hul swierige aandrokke.

Die FBI-aand vind gewoonlik in Mei, in die skoolsaal, plaas en dan word die die saal prentjiemooi getooi met versierings.

Vorms met ’n paar vrae soos wie jou gunsteling juffrou is, waarvan jy die meeste hou en wat sal jy doen as jy ’n miljoen rand, word ingevul. Dis die vrae wat gelees word vir die gehoor voordat jy begin paradeer op jou liedjiekeuse.

Teen die einde word die finaliste weer vrae gevra voordat die uiteindelike wenners gekroon word om weg te stap as Mnr. en Mej. Graafwater 2019.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

two × three =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?