Hoërskool Graafwater se opsigter stel ’n voorbeeld

Jaco Strauss, Hoërskool Graafwater se algemene werker, het vir hom ’n fiets aangeskaf om die skokkende brandstofpryse te vermy. Strauss maan: “Die hoë brandstofpryse ruk almal se sakke. Ek probeer om die skool te help om geld te spaar deur met ’n fiets rond te pendel.”

Hy is een van Hoërskool Graafwater se betroubare en behulpsame werkers. Hy gebruik die fiets om aflewerings vir die skool te doen soos byvoorbeeld om rekeninge te betaal of enige versoeke uit te voer. Hierdie eenvoudige daad is ’n uitstekende voorbeeld vir die skool se leerders. Hy maak fietsry die nuwe in-ding om geld te bespaar!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

11 + 4 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?