Hier is wat vir Hoërskool Graafwater se tweede kwartaal voorlê

Met die tweede kwartaal op ons, wag daar ook ’n paar verrassings vir die leerders aan die Hoërskool Graafwater.

Groot opwinding heers oor die FBI-aand wat voorlê asook sokkie gedurende Mei vir die leeders.

Junie is dit eksamentyd en leerders sal smiddae voor hul boeke moet spnadeer om die volgende oggend hul vraestelle te skryf.

Die Verbruikerstudie-leerders sal almal weer bederf met hul gebak en brou en RTT-leerders sal sorg hul rekenaarvaardighede is opgeskerp.

’n Hoogtepunt is ook altyd die Siviele-klas se modelle wat gebou moet word en dis omtrent lekker om al die talent daar te aanskou.

Elke kwartaal word afgesluit met ’n kermis propvol pret en vermaak. Daar wag aksie-belaaide rugby en netbal voor met die skool se eerstespanne wat reeds hard aan die oefen is om vir die Interskole-stryd teen Velddrif.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

seventeen − 1 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?