Groot bekommernis vir Verlorenvlei by Elandsbaai

Wêreldvleilanddag was op 2 Februarie. Die dag fokus op vleilande en die ekologie wat daarmee saamgaan. Inwoners van Elandsbaai het hierdie dag vir bewusmaking gebruik om hul bekommernis uit te spreek oor Verlorenvlei, Elandsbaai se vlei, wat oor die tydperk van vier jaar verdor het.

Die afgelope reëntekort en gevolglik onvermydelike droogtes is te blameer vir die groot hartseer wat die dorp se ikoniese landmerk tans ondergaan. Die droogte het gelei tot die verdwyning van die voëls wat hulle in die verlede in die vlei gevestig het.

Die varswatermeer was ook die tuiste van inheemse visse en skilpadjies wat noodlottig gesterf het. Daar word spekuleer dat die droogte van die vlei nie net blameer moet word oor die gebrek van goeie reënval nie. Inwoners meen dat daar nog faktore tot die probleem bygedra het: swak waterbestuur, bedreiging van ontwikkelings soos mynbou, riete en indringerplante, asook landbouaktiwiteite.

Daar word al vir jare al verskeie oplossings bespreek en ondersoek. Sommige mense is van mening dat waterbeperkings ingestel moet word sou die vlei weer gevul wees met water, asook om die riete te verwyder wat die minimale vog opsuig – maar dit sal dan moontlik weer plek maak vir nóg ’n indringerplant.

Daar het intussen ’n groep besorgde inwoners saamgekom om die redding van die vlei te bespreek en moontlike oplossings te vind: Vriende van Verlorenvlei. Die groep het ’n Facebook- en Instagram blad, asook ’n webwerf wat besoek kan word as enige iemand die doel sou wou ondersteun. Hulle het ook ’n e-posadres: saveverlorenvlei@gmail.com .

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

4 + six =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?