Graanboere knak onder finansiële druk

“Hulp met finansiële omstandighede is baie beperk en moet gewoonlik van ’n markrovlak aangebied word. Die twee grootste hulpmiddels wat boere nou nodig het, is ’n staatswaarborgstelsel en gesubsidieërde oesversekering om hulle in die moeilike siklus by te staan en weer in ’n gunstige kontantvloeisiklus te plaas.”

Só verduidelik dr. Dirk Strydom, bestuurder van Graanekonomie en -bemarking.

Op plaasvlak is dit vir ’n boer moeilik om self die druk te verlig, want hulle is geneig om op kalk en kunsmis geld te bespaar om die koste te verminder. Weens kontantvloei probleme is ’n boer egter genoodsaak om veranderinge te maak.

Strydom deel dat boere moet seker maak dat die insette wat hulle gebruik, die vereiste raadwaarde-gehalte bied en hulle nie risiko’s loop met onbekende produkte nie.

Daar is egter hoop vir boere. Binne die beperkinge van die Kredietwet is daar sekere skuiwe wat gemaak kan word en hulpmiddels wat beskikbaar is wat in ’n mate kan help, maar dié moet vroegtydig gedoen word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

7 + three =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?