Fliekaand sorg vir groot pret

Die jaarlikse fliekaand van Augsburg Landbougimnasium het gesorg vir groot opwinding onder die leerders.

Die fliek The Nutcracker is vertoon en die leerders het die asemrowende stelle en pragtige musiek in die fliek terdeë geniet.

Daar was lekker vars worsbroodjies, springmielies, koeldrank en vele meer versnaperinge vir die leerders om op die gras te geniet. Die gesellige atmosfeer was iets wat die leerders nie gou sal vergeet nie. Hierdie jaarlikse instelling van ’n fliekaand het baie gewild geraak en die leerders reken dat dit iets is wat altyd in hulle tradisie moet bly.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 × 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?